Prins Harry se onderhoud vanaand op M-Net

Namibiërs kry vanaand die geleentheid om na Prins Harry se onderhoud te kyk voordat sy onthullende lewensverhaal, Spare, môre uitgereik word. Dié Britse koninklike het onder meer onthul dat hy en sy ouer broer, William, jare lank geglo het hul ma, Diana, het in 1997 haar dood versin. Harry het ook erken dat hy alkohol en dwelms gebruik het om te help om sy verlies te verwerk. Die titel van die boek verwys na die uitdrukking onder veral koninklikes, naamlik “an heir and a spare”. Die onderhoud word vanaand om sewe-uur op M-Net uitgesaai.