Daar is klaar ooreenkoms dat Namibiërs nie by Bots-grens geskiet word nie

Die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi, sê Namibië en Botswana het ‘n beleid geskep om te verhoed dat Namibiërs, indien hulle binne die grense van Angola in die verre noordooste van die land gevind word, doodgeskiet word. Die buurland het ‘n skiet-op-sig beleid teen stropers en daar is ‘n nasionale park in Botswana teen die grens met die Chobe-rivier. Kapofi het aan plaaslike media bevestig dat die ooreenkoms reeds verlede jaar op Swakopmund bereik is. Hy het ook tradisionele leiers in die Zambezi-streek hiervan ingelig.