DA in Oos-Kaap: Gebrek aan lugmediese diens kon lewens gekos het

Die DA in die Oos-Kaap sê die LUR vir gesondheid, Nomakosazana Meth, se versuim om ‘n lugmediese diens in die feestyd aan die gang te kry, ten spyte van haar uitgesproke beloftes om dit wel te doen, kon heel moontlik lewens gekos het. ‘n DA-lid van die wetgewer, Jane Cowley, sê die die provinsiale departement se flaters met die lugdienskontrak om belanghebbendes te beskerm, is skandelik. Cowley sê sy het Meth aangemoedig om die kontrak met onmiddellike effek te beëindig.