Wen met Internasionale Moedertaaldag

Netwerk Namibië vier Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie. Kom lê jou eiertjie en lewer jou insette. Vertel wat is jou gunsteling Afrikaanse woord of sê-ding is. Jy staan ‘n kans om een van drie geskenkbewyse van 1 000 Namibiese dollar elk van Shoprite/Checkers te wen, sê Elizma Theron, bestuurder van Netwerk Namibië aan Kosmos 94.1 Nuus.