Buitelandse beleggings neem toe – groen waterstof, olie, myne

Daar word berig dat PSG Wealth Management in Namibië voorspel dat daar vanjaar ongeveer 12 miljard Namibiese dollar in direkte buitelandse beleggings na die land sal vloei. Dit kom as gevolg van verhoogde beleggersvertroue en winsgewende geleenthede in die hernubare energiesektor. Dit sal ‘n toename wees van die 11,6 miljard dollar wat verlede jaar aangeteken is en baie beter vertoon as die minus 3,8 miljard dollar wat in 2020 aangeteken is. PSG sê die invloei het verbeter in vergelyking met verlede jaar danksy die herbelegging van verdienste deur maatskappye in die mynbou- en finansiële sektore as gevolg van verhoogde winste gedurende hierdie tydperk. Die groeiende binnelandse olie- en groenwaterstofbedrywe kan ‘n groot hupstoot aan buitelandse beleggings in die medium tot lang termyn gee.