SAKP sal massas mobiliseer oor Waluś

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hy gaan voort om die massas op te sweep om te betoog teen die Konstitusionele Hof se beslissing dat Janusz Waluś op parool vrygelaat word. Die man wat die party se sekretaris-generaal Chris Hani doodgeskiet het, is gister op parool vrygelaat. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof bevind het die vorige besluit van die minister van Justisie, Ronald Lamola, om parool te weier, was irrasioneel. Die SAKP sê al is hulle aansoek verwerp, eis hulle ‘n volledige ondersoek na Hani se sluipmoord.