DA: Gautengse ondernemings ly groot skade weens beurtkrag

Volgens die DA in Gauteng ly baie ondernemings in die provinsie groot finansiële skade weens die jongste ronde beurtkrag deur Eskom. Fase vyf-beurtkrag is tans aan die gang, wat meebring dat sommige ondernemings tot agt uur per dag geen elektrisiteit het nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Patrick Atkinson, sê dit kom neer op ‘n volle werksdag, wat beteken ondernemings kan slegs vir ‘n paar uur op ‘n slag handel dryf.