COP27 moet Afrika se klimaatsverandering-doelwitte bepaal 

Wetenskaplikes versoek Afrika om die Verenigde Nasies se 2022 Konferensie oor Klimaatsverandering te gebruik om die vasteland se klimaatsverandering-doelwitte te bevorder. Dit is op ‘n voorafgaande mediakonferensie oor COP 27-Afrika in Kigali, Rwanda, onthul dat die vasteland, wat die tuiste van ongeveer 17 persent van die wêreld se bevolking is, jaarliks vir ongeveer vier persent van die wêreldwye uitstralings verantwoordelik is. Kenners het ook sleutel-prioriteite uitgelig en saamgestem dat Afrikalande moet saamwerk. Hulle het ook gesê vanjaar se COP 27 in November moet as ‘n wekroep dien om verandering aan te spoor.