DA: Gautengse hospitale het slegs 659 ICU-verpleegkundiges

Die DA in Gauteng sê provinsiale hospitale behoort 3 340 intensiewe sorg-verpleegkundiges te hê, maar slegs 659 van dié verpleegkundiges is in diens. Geen nuwe intensiewe sorg-verpleegkundiges is sedert 2019 opgelei nie. Die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het dit onthul in ‘n skriftelike antwoord op die party se vrae in die wetgewer. Jack Bloom van die DA sê volgens Nkomo-Ralehoko is die getal van 3 340 gegrond op die aantal beddens in intensiewe en hoësorg-eenhede.