Nog 2 liggame in myn in Krugersdorp gevind

Die polisie in Gauteng het bevestig nog twee liggame is gevind op dieselfde toneel waar 19 ander liggame in ‘n myn in Krugersdorp ontdek is. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die altesaam 21 liggame is nog nie geïdentifiseer nie. Sy sê die polisie glo die liggame is vanaf ‘n ander perseel na die mynskag verskuif. Muridili het ook bevestig dit is ‘n aktiewe myn. Sy sê die polisie het begin met ‘n geregtelike doodsondersoek: