DA gaan alles probeer om Ramaphosa aanspreeklik te hou

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die ANC het nie sy ondemokratiese gedrag in die nadraai van die verdoemende staatskapingsverslag verander nie. Die regerende party het sy meerderheid in die parlement gebruik om die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag oor Phala Phala te keer. Die verslag toon President Cyril Ramaphosa het moontlik die Grondwet geskend wat die diefstal in 2020 op sy plaas in Limpopo betref. Die ANC het die African Transformation Movement se mosie met 214 stemme teen 148 verwerp. Steenhuisen sê hulle gaan elke moontlike weg volg om Ramaphosa aanspreeklik te hou.