Bahamas-hof weier borgtog aan Bankman-Fried

‘n Hof in die Bahamas het borgtog geweier aan die stigter en voormalige uitvoerende hoof van die kriptogeldeenheid-handelsmaatskappy FTX, Sam Bankman-Fried. Hy staan tereg op agt strafregtelike aanklagte, insluitend sameswering tot geldwassery en sameswering om Amerika te bedrieg, asook die oortreding van wette oor veldtogte se finansies. FTX het verlede maand aansoek gedoen om bankrot verklaar te word nadat gebruikers binne drie dae 105,39 miljard Namibiese dollar aan die platform onttrek en sy mededinger, Binance, ‘n reddingsooreenkoms laat vaar het. Bankman-Fried kan tot 115 jaar tronkstraf gevonnis word indien hy op al agt aanklagte skuldig bevind word.