DA eis optrede teen Sassa-werkers in R278m-kontrak

Die DA sê daar moet opgetree word teen werknemers van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid wat betrek word by onreëlmatighede, wat misdaadondersoeke insluit. Dit volg nadat die Openbare Beskermer bevind het ‘n kontrak wat die agentskap aan Azande Consulting en Vee-el Promotions toegeken het, was onreëlmatig. Die kontrak het tot gevolg gehad dat Sassa meer as 278 miljoen Suid-Afrikaanse rand onregmatig bestee het. Bridget Masango van die DA sê hulle het altyd volgehou hierdie kontrak is nie bo verdenking nie: