Konstruksie-bedryf sit met hande in hul hare oor vertragings in regulering

Sedert 2006 het die Construction Industries Federation of Namibia, die CIF, by die Namibiese regering gepleit dat ‘n raad vir die konstruksie-sektor gestig sal word om die bedryf te reguleer. In 2010 is die Namibiese Wetsontwerp op Beplanning en Konstruksie in die parlement ter tafel gelê, maar is verwerp aangesien dit nog werk verg. Die uitvoerende hoof van die CIF, Bärbel Kirchner, sê dit bly die CIF se hoop dat die belangrikheid van die vestiging van ‘n raad ter wille van die regulering van die bedryf werklik deur politieke leiers en wetgewers erken sal word, maar dit is ‘n frustrerende, uitgerekte proses.