Alkohol en tabak styg met 5,6% in September

Gedurende September 2022 het die jaarlikse inflasiekoers vir die alkoholiese drank en tabak met 5,6 persent gestyg, vergeleke met 3 persent in September 2021, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Handelsbulletin vir September. Die toename is hoofsaaklik weens ‘n prysverhoging van alkoholiese drank van 5,8 persent. Op ‘n maandelikse basis het die inflasiekoers met 0,8 persent gestyg, in vergelyking met ‘n deflasie van 0,3 persent wat in Augustus 2022 aangeteken is. Die prys van tabak het stadige groei van 4,5 persent in September 2022 aangeteken, vergelyke met die 8,6 persent in September 2021.