DA eis optrede oor onrus in Suid-Afrika

Die DA eis dat die Gautengse polisie daadwerklik moet optree teen enigiemand wat probeer om dele van die provinsie tot stilstand te dwing en sakeondernemings met geweld te dwing om hulle bedrywighede te staak. Verskeie dreigemente van diegene wat as ondersteuners van oudpresident Zuma geïdentifiseer is, word op sosiale media versprei. Beroepe word gedoen dat die protesoptrede in KwaZulu-Natal na Gauteng versprei moet word. Solly Msimanga van die DA sê een van die stemboodskappe versoek oproer,chaos en afsluitings op strategiese plekke.