Bloedige hitte in dele van die VSA

Bloedige hitte vererger volgens berigte in die Verenigde State,met voorspellings vir rekordtemperature in die deelstate Kalifornië en Nevada. Nuusagentskappe berig dit kom enkele weke nadat nog ‘n gevaarlike hittegolf Noord-Amerika getref het,en die streek het die warmste Junie op rekord beleef. Die sogenaamde ‘doodsvallei’ van Kalifornië het Vrydag ‘n hoogtepunt van 54.4C aangeteken, met soortgelyke hitte wat hierdie week verwag word.