Voormalige Samoaanse kaptein word hoofafrigter

Rugby: Die voormalige kaptein van Samoa, Mase Schwalger, is aangewys as die nuwe hoofafrigter van die nasionale span tot die Wêreldbeker in Australië in 2027. Hy was die hulpafrigter gedurende die Wêreldbeker verlede jaar in Frankryk toe Samoa net een wedstryd kon wen. Schwalger was haker in 40 toetse en sê om sy land as speler en as afrigter te verteenwoordig is die toppunt van sportprestasie. Samoa speel in Julie tuis teen Italië en Spanje voor hulle die volgende maand aan die Pacific Nations-beker deelneem.