DA eis die inligting rondom die Tottenham Hotspurs-borg

Die DA sê hy sal ‘n Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aansoek indien in verband met die voorgestelde borg van Tottenham Hotspurs. Dit volg op onthullings dat die Departement van Toerisme beplan om die Engelse sokkerklub oor drie jaar met byna een miljard rand te borg. Die DA sê hy wil dokumentasie hê wat sal wys dat Suid-Afrika by dié ooreenkoms sal baat. Die DA se skaduminister van toerisme, Manny de Freitas, sê dit is ook belangrik dat President Cyril Ramaphosa sy teenkanting teen hierdie ooreenkoms moet verklaar.