Bouplanne daal tot laagste in 11 jaar

Die jongste bouplanne wat vir Stad Windhoek vir Desember verlede jaar bekend gemaak is toon dat die goedgekeurde planne die laagste in 11 jaar is. Net 2 467 geboue ter waarde van 1,75 miljard Namibiese dollar is goedgekeur. Volgens IJG Sekuriteite, was daar ‘n toename van 0,7 persent in goedgekeurde bouplanne vir die hoofstad gedurende 2022, vergeleke met 2021, maar, daar was ‘n inkrimping van 10,6 persent in die waarde van die planne teenoor dit wat in 2021 aangeteken is. IJG sê dat terwyl die konstruksie-bedryf redelik swak vertoon wil dit voorkom asof daar herstel is in die regeringsektor maar, dit is nie bekend of die tendens sal voortduur nie.