DA eis bekendmaking van Phala Phala-verslag

Die DA het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, aansoek gedoen dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy ondersoekverslag bekendmaak oor President Cyril Ramaphosa se beweerde oortreding van valutabeheer-regulasies. Dit volg op die bank se aankondiging dat hy sy Phala-Phala-ondersoek afgehandel het, maar wetgewende beperkings voorgehou het as rede om die verslag geheim te hou. Dion George van die DA sê ondanks die feit dat die transaksie as onvolledig bestempel word, is die bank se bevinding verwarrend en skep dit ‘n kommerwekkende presedent.