DA: Dreigende staking kom op slegste tyd 

Die DA sê die dreigende staking in die openbare sektor gebeur op die slegste moontlike tyd, terwyl miljoene Suid-Afrikaners sukkel met ‘n lewenskoste-krisis en toenemende maatskaplik-ekonomiese nood. Die party sê die waarnemende minister vir die Staatsdiens en Administrasie, Thulas Nxesi, moenie aan die slaap betrap word soos met die onlangse Transnet-staking nie. Die DA-lid, Michael Cardo, sê Nxesi moet gereed wees om sy magte ingevolge Artikel 150 van die Wet op Arbeidsverhoudinge af te dwing om ‘n ineenstorting van die samelewing te voorkom.