DA dankbaar vir hulp aan KZN, Oos-Kaap

Die DA sê hy verwelkom die afkondiging van die nasionale ramptoestand om gemeenskappe te help wat deur die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap geraak word. Cilliers Brink van dié party sê die DA sal bepaalde voorstelle by die speaker van die Nasionale Vergadering indien. Hy sê dié voorstelle sluit in stappe om die oorsigtelike magte van die Parlement te versterk en te voorkom dat mag en staatsgeld in ‘n nasionale ramptoestand misbruik word: