DA bekommerd oor toename in moordsake in Gauteng

Die DA in Gauteng sê daar is ‘n kommerwekkende toename van 10,9 persent in moordsake in die provinsie. Moordsake het in die vierde kwartaal van die 2022/23-boekjaar met 153, vanaf 1 403 tot 1 556 toegeneem. Die DA-lid, Crezane Bosch, sê die misdaadstatistiek is van Januarie tot Maart vanjaar, wat 93 dae is en dit beteken ongeveer 17 mense is per dag vermoor in Gauteng.