Shifeta: Herstel van toerisme-sektor belangrik  

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag amptelik die vyfde Afrika-Jeug in Toerismeberaad in Swakopmund geopen. Die omgewingsministerie bied die beraad in samewerking met die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie aan. Die tema vanjaar is “Developing Youth and innovative entrepreneurship solution for inclusive tourism recovery in Africa”. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in toerisme-en reisbesighede bied. Shifeta sê wat die doelwitte van die beraad is.