Rugby: Springbokke se volgende oefenkamp is in Pretoria

Rugby: Die Springbokke het vandag hulle tweede voorbereidingskamp in Durban afgehandel terwyl die wêreld van vandag af 100 dae begin aftel tot die afskop van die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk. Springbok-afrigter Jacques Nienaber en kaptein Siya Kolisi is ingenome met elke faset wat die span bemeester het tydens die twee kampe in KwaZulu-Natal en sê hulle sien uit na die oefenkamp in Junie. Die Springbok-groep kom op 11 Junie in Pretoria byeen om voor te berei vir hul veldtog in die toernooi.