Veeartsenydienste: Longsiekte onder beheer in Noorde

Longsiekte in die noordelike kommunale gebiede van Namibië is nou onder beheer, het die departement van veeartsenydienste in die landbouministerie bevestig. Dié aansteeklike siekte onder beeste en buffels het in verskeie dele van die streke van Kavango-Wes, Ohangwena, Oshikoto en Omusati voorgekom. Die ministerie het ‘n inentingsveldtog teen longsiekte van stapel gestuur. Die hoof-veertsenybeampte in die ministerie, dr. Albertina Shilongo, doen ‘n beroep op boere om enige gevalle van longsiekte of bek-en-klouseer aan die dienste te rapporteer.