DA appelleer teen hofbeslissing oor openbare beskermer

Die DA sê in hofdokumente die hooggeregshof in Kaapstad het fouteer deur te bevind dat President Cyril Ramaphosa die openbare beskermer geskors het, omdat sy ondersoek na die Phala-Phala-gebeur begin het. Die DA appelleer teen dié hof se bevinding dat advokaat Busisiwe Mkhwebane se skorsing as openbare beskermer ongeldig is en dat dit tersyde gestel moet word. Die EFF het die uitspraak verwelkom. Ramaphosa het Mkhwebane geskors net twee dae nadat sy die ondersoek begin het na die rooftog op sy Phala-Phala-wildplaas in Limpopo. Mkhwebane se skorsing bly egter van krag tot Vrydag se beslissing deur die Konstitusionele Hof bekragtig word