DA: ANC los finansiële gemors in Tshwane

Die DA in die Stad Tshwane sê hulle gee stelselmatig aandag aan die finansiële gemors wat gelaat is deur die onwettig ontplooide ANC-administrateurs wat einde Oktober 2020 uit die kussings gelig is. Die stad se waarnemende personeelhoof, Jordan Griffiths, sê die DA het die situasie met die skuldeisers probeer beredder deur te verseker dat die stad geen agterstallige skuld het nie.