Wêreldomgewingsdag môre gevier

Wêreldomgewingsdag word môre op 5 Junie jaarliks deur die Verenigde Nasies herdenk om bewustheid te skep oor die belangrikheid van die natuur. Die dag word regoor die wêreld gevier om mense in kennis te stel dat die natuur nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Die omgewingskenner Peter Cunningham verduidelik aan Kosmos 94.1 nuus oor wat dit beteken.