Oscar-bekroonde akteur spring tronkstraf vry

Die Oscar-bekroonde akteur, Cuba Gooding Junior, is nie tronkstraf opgelê nadat hy in April skuldig gepleit het op ‘n misdryf-aanklag omdat hy in 2018 ‘n vrou in ‘n nagklub in New York teen haar wil gesoen het nie. Volgens sy prokureur, Frank Rothman, het drie slagoffers die akteur beskuldig, maar twee van die sake is van die hand gewys. Hy sê die akteur het in die derde saak skuld erken aan teistering. Rothman sê die distriksprokureur se kantoor het al die strafregtelike aanklagte van die hand gewys en Gooding sal nie ‘n misdaad-rekord hê nie.