DA: 6 000 Gautengse inwoners leef in haglike toestande 

Die DA in Gauteng sê meer as 6 000 inwoners van die Madala-hostel in Alexandra leef steeds in haglike, onmenslike en onhigiëniese toestande. Die party skryf dit toe aan die mislukking van premier David Makhura se regering om waardige behuising aan hostel-bewoners te lewer. Mervyn Cirota van die DA sê Madala se inwoners, soos talle ander in die provinsie, het moed verloor en is moeg vir die huidige regering se leë beloftes.