Lewis Hamilton weer in die sop oor sy juwele

Motorsport: Lewis Hamilton is deur beamptes van die sport ontbied omdat hy strydig met Formule 1-reëls weer ʼn neusknoppie dra. Die Brit het die juweliersware in die derde oefening by die Singapoerse Grand Prix aangehad. Die sewe-malige wêreldkampioen het aan joernaliste gesê hy het ‘n doktersbrief dat sy neus ontsteek wanneer hy die knoppie verwyder en vervang. Daar was geen verdere optrede teen Hamilton nie maar sy Mercedes-span is met ongeveer 450 000 Namibiese dollar beboet omdat hy nagelaat het om die Formule 1 vooraf in te lig oor Hamilton se neusknoppie.