Skoolvoedingsprogram stadig uit die blokke  

Die Namibiese onderwysministerie se skoolvoedingsprogram het probleme ondervind om af te skop en leerders in die geïdentifiseerde gebiede te voed. Van die probleme wat ondervind is, was onder meer die afteken van bestellings van verskillende departemente. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, Edda Bohn, sê aan Kosmos 94.1 Nuus kontrakte word met diensverskaffers onderteken.