Recon ontken berigte dat hy uit Kavango onttrek

ReconAfrica ontken bewerings deur National Geographic dat hy sy bedrywighede in die Kavango-bekken staak met talle personeel wat reeds die gebied verlaat het. Volgens die publikasie is Recon besig om sy bedrywighede na Zimbabwe te verskuif. Die maatskappy het onlangs teleurstellende uitslae in die drie putte aangekondig met min befondsing oor vir die Namibiese projek. Die woordvoerder Ndapewoshali Shapwanale wat geen kommentaar wou lewer nie maar, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die maatskappy is tans in die data-analise fase wat sy as kantoorwerk beskryf en dus is daar minder bedrywighede in die veld.