Cyril se aanmerkings stel nie TLU-SA gerus nie

President Cyril Ramaphosa se opmerkings dat die ANC nie ‘n nasionaliseringsbeleid voorstaan nie, stel TLU-SA nie gerus dat alle grond nie uiteindelik in die regering se hande gaan beland nie. So sê die landbou-organisasie se president, Henry Geldenhuys. Volgens Geldenhuys is daar geen verskil tussen nasionalisering en onteiening sonder vergoeding nie. Hy sê met nasionalisering word grond op een slag van alle wettige eienaars weggevat. Volgens die algemene bestuurder, Bennie van Zyl, word grond deur onteiening sonder vergoeding stuk vir stuk van wettige eienaars weggevat sonder dat ‘n sent betaal word.