Wuhan-drie was besig met korona-navorsing

Meer inligting is bekend oor die drie personeellede van die Wuhan Instituut vir Virusse wat in November 2019 siek geraak het. Die Washington Post berig dat die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake Mike Pompeo die inligting bekend gemaak het en ook gesê het dat die drie deel was van ‘n span wat navorsing op korona-virusse gedoen het. Volgens die Post, het hulle eksperimente uitgevoer om ‘n vlermuis korona-virus geneties aan te pas om muise wat menslike longselle het, te besmet. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat die instituut ook monsters van vlermuise in ‘n grot geneem nadat ses myners in 2012 siek geraak het na hulle in die grot gedelf het. Drie is later dood.