Cyril sal uitslagaankondiging bywoonNovember 4, 2021

President Cyril Ramaphosa gaan vanaand om ses-uur die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aankondiging van die finale uitslae van die 2021 plaaslike regeringsverkiesing bywoon. Die kommissie gaan die aankondiging by sy operasionele sentrum by die Tshwane konferensiesentrum in Pretoria doen. Ramaphosa gaan in sy hoedanigheid as die president van die land ‘n paar kort opmerkings maak. Die verkiesings is die sesde een in Suid-Afrika sedert die einde van apartheid in 1994.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *