Covid-19: 18 nuwe gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 18 nuwe Covid-gevalle uit 2 258 uitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,8 persent verteenwoordig. In die groep is twee studente. Daar is nou 102 aktiewe gevalle, waarvan 11 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 303 473 persone is ten volle ingeënt.