Charles sê dankie

Koning Charles III sê hy is diep geraak deur die enorme openbare ondersteuning aan hom en sy familie sedert sy ma se dood. Sowat twee-duisend mense, insluitend 500 presidente, eerste ministers en buitelandse koninklikes word vandag by koningin Elizabeth II se begrafnisdiens in Westminster-abdy verwag. In ‘n geskrewe boodskap wat deur Buckingham-paleis uitgereik is, sê koning Charles hy wil elkeen bedank wat in hierdie tyd van rou sy familie ondersteun en getroos het.