Cyril het grootste uitdaging nog met staatsrede

Gegewe Suid-Afrika se huidige uitdagings, sal vanjaar se Staatsrede President Cyril Ramaphosa se moeilikste nog wees. Só sê die politieke ontleder Ralph Mathekga. Hy sê die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag wys hoe erg korrupsie in die land is. Die ekonomie is ook swak, en werkloosheid en misdaad is ‘n reuse-probleem. Mathekga sê in die algemeen gaan dit nie goed met die land nie, en Ramaphosa het vanaand ‘n moeilike taak: