Eiendomslenings van N$42,83 miljoen in mosiehof  

Kommersiële banke het 51 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming Chase het altesaam 66 aansoeke hanteer. Daar was slegs nege reël 108- aansoeke op die rol. Daar is 28 eiendomslenings ter waarde van 42,83 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 21 lenings waarop 11,84 miljoen dollar geskuld word. Twee voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Ramon Maasdorp 39 onverdedigde egskeidings hanteer.