Curt von Francois-standbeeld: Nege teen vyf vir verwydering

‘n Stad Windhoek-raadsvergadering het nege teen vyf gestem vir die verwydering van die Curt von François-standbeeld wat buite die munisipale gebou in 1965 opgerig is. Hy word as die stigter van Windhoek vereer maar kritici sê dit is ‘n simbool van koloniale onderdrukking en dat Jan Jonker Afrikaner in werklikheid Windhoek gestig het. Raadslid Job Amupanda het dit so gedurende die stadsraad vergadering beskryf.