Covid vererger asma in kinders – nuwe studie

Die jongste wetenskaplike navorsing in verband met Covid toon dat kinders met asma wat Covid opgedoen het, se asma vererger na hul herstel het. Dokters in Kalifornië het 62 000 Amerikaanse kinders met asma bestudeer wat in die eerste jaar van die pandemie PCR-toetse vir die virus ondergaan het,  insluitend meer as 7 700 wat positief vir Covid getoets het. Besmette kinders het gedurende die ses maande ná hul siekte aansienlik meer asmabesoeke, hospitalisasies, noodinhaleerdergebruik en steroïedbehandelings gehad in vergelyking met kinders wat negatief getoets het. Die studie het verder bevind dat kinders wat negatief getoets het vir die virus se asmabeheer het vir die volgende ses maande verbeter. Die studie is in die vaktydkrif, Journal of Allergy and Clinical Immunology: In Practice, gepubliseer.