Haïti – Amerikaners is op pad

‘n Amerikaanse afvaardiging is onderweg na Haïti om die veiligheidsituasie te beoordeel en hulp te verleen in die ondersoek na die sluipmoord op president Jovenel Moïse. Die 53-jarige Moïse is verlede Woensdag in sy huis in Port-au-Prince doodgeskiet. Die Amerikaanse span bestaan uit lede van sy Departement van Binnelandse Veiligheid en die FBI. Die owerhede van Haïti het die VSA en die Verenigde Nasies gevra om soldate na die land te stuur. John Kirby van die Pentagon sê hulle wil vasstel wie agter Moïse se moord sit en hoe hulle aanspreeklik gehou kan word.