Covid-skenkings, noodinkomste-toelaag onregmatig bestee

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê skenkings in verband met Covid is onregmatig bestee en die noodinkomste-toelaag is ook nie korrek uitbetaal nie. In sy verslag sê hy die gesondheidsministerie het skenkings ter waarde van meer as 265 miljoen Namibiese dollar ontvang en bestee is sonder die nodige goedkeuring van die tesourie. Volgens Kandjeke meen die ministerie hy kon nie goedkeuring kry nie omdat hy te veel skenkings ontvang het. Daar was 38. In verband met in noodinkomste-toelaag is 3,1 miljoen dollar uitbetaal aan 4 115 regeringswerkers. Die toelaag was nie bedoel vir formele werkers nie maar net vir diegene wat hul inkomste verloor het as gevolg van inperkings.