Tekorte aan TB-medikasie sal plaaslike pasiënte nie raak nie

Die Stop TB se internasionale medikasie-fasiliteit sê daar kan internasionaal vertragings wees in toets-toestelle vir TB as gevolg van vertragings by die Amerikaanse vervaardiger Cepheid. Die agterstand behoort tot Maart volgende jaar voort te duur. Maar, dit blyk asof Namibië nie deur die aankondiging geraak sal word nie. Die adjunk-gesondheidsminister Ester Muinjangue sê daar is plaaslik genoeg voorraad. Sy verduidelik.