Covid: reeds 60 in hoësorg

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 218 positiewe Covid-uitslae uit 1 579 toetsuitslae bevestig. Khomas het 73 in Windhoek, met Erongo op 42, Otjozondjupa met 17, Oshana 16, Hardap en Omusati 13 elk, Omaheke 11 en Ohangwena en Oshikoto op 9 elk. Die res is landwyd versprei. Twintig leerders, 7 studente, 9 gesondheidswerkers en 7 onderwysers is in die groep. Aktiewe gevalle is tans op 2 242 met 79 pasiënte wat herstel het. Daar is 203 pasiënte in die hospitaal met 60 in hoësorg. Twee sterftes is ook aangemeld.