Covid-proef-entstof in fase 1-proeflopie by Universiteit van Kaapstad

‘n Covid-19 proef-entstof is tans in ‘n fase een-proeflopie wat deur die Universiteit van Kaapstad gedoen word. Die entstof se unieke ontwerp kan dalk tot gevolg hê dat dit beter beskerming bied teen huidige en toekomstige variante van die virus. Suid-Afrikaanse media berig dat die proefneming se eerste fase in Maart by die Wellcome-sentrum vir navorsing in oordraagbare siektes by Afrika se kliniese navorsingsperseel in Khayelitsha begin het. ‘n Medenavorser, Graeme Meintjes, sê entstowwe word gewoonlik eers goedgekeur nadat die uitslag van fase 3-proewe gepubliseer.