Gemeenskapsaktivis: Gebrek aan water in Kavango-Wes is onaanvaarbaar

Reaksie is ontvang oor berigte uit die Kavango-Wes-streek dat baie inwoners van die streek sowat 31 kilometer moet stap om drinkwater te kry. Die goewerneur van die streek, Sirkka Ausiku, sê dit is die lot van 32 persent van die inwoners van die streek. Volgens haar het die streek 405 nedersettings, waarvan 134 geen toegang tot water het nie. Die meerderheid is in die kiesafdeling Mpungu met 58 nedersettings wat geen water het nie. Gemeenskapsaktivis Rosa Namises het gesê dit is onaanvaarbaar, veral in die Kavango waar daar ‘n natuurlike bron van water is. Namises het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.